Lamsak

My Photo
Name:
Location: Sydney, Australia

Ek woon deesdae in Sydney. Ek het my PhD by die Universiteit van Sydney klaargemaak en nou dwing ek mense om my as doktor aan te spreek. Soms hou ek myself as 'n mediese dokter voor en neem dan deel aan minder ernstige operasies soos byvoorbeeld kornea oorplantings en die uithaal van verstandtande.

Wednesday, June 28, 2006

Koudbloedige Nagmerrie (vervolg)

Aangesien daar 'n ooglopende behoefte onder my duisende lesers bestaan vir nog inligting wat sal aansluit by die belaglike-groot-akkedisse-waarvoor-jy-moet-uitkyk tema, het ek besluit om nog 'n bloginskrywing daaraan te wy. Ek belowe dat hierdie my laaste reptielsessie sal wees.

Die Gila-monster het 'n paar stemme gekry, maar aangesien ek gevaarlike goeters bloot volgens grootte en vermoë om vinniger as ek te hardloop klassifiseer, kan hy ongelukkig net 'n eervolle vermelding kry (net soos ek in my eerste Eisteddfod). Hy is wel giftig en forseer gif in sy prooi in deur hom aanhoudend te kou, maar hy word net so 60 cm lank.



Hierdie sessie gaan dus gewy word aan onderskeidelik die tweede en derde grootste akkedisse in die wêreld. Die silwermedalje (goud gaan vanselfsprekend aan Komodo se kind) is ingepalm deur die Watermonitor wat in Asië aangetref word. Wanneer hierdie gedierte in 'n gevaarlike situasie is, hardloop hy in bome op en duik dan af in strome in riviere in om te ontsnap - hy kan vir tot dertig minute sy asem ophou. In afgeleë gebiede word hulle soms betrap waar hulle menslike grafte oopgrawe om by die ontbindende lyke uit te kom...



Die bronsmedalje gaan aan die Perentie van die Australiese Outback. Hy kan selfs klein kangaroo's inhardloop en vang... Die Watermonitor en Perentie is beide so twee meter lank.



So daar het julle dit nou. Die aardbol wemel van hierdie tipe gedrogte.

Monday, June 26, 2006

Koudbloedige Nagmerrie


Hier is die ding waarvoor ek die bangste is op die Aarde. Dit sluit in die ganse diere-, voël-, vis- en plantryk. Die Komododraak. (Die laaste sin moet stadig en in 'n diep Radio 2000 stem gesê word).

Hulle word tot drie meter lank en weeg tussen 70 en 135kg. Gunsteling kossoorte sluit wilde varke en bokke, asook waterbuffels in. Waar het jy al ooit gehoor van 'n akkedis wat buffels vang?! Klein stukkies vleis vrot konstant tussen sy skerp tande, wat lei tot die geboorte van superseptiese kiemkolonies wat mekaar verkrag in sy speeksel sodat daar een bevolkingsontploffing na die ander is. Sodra hy dan 'n bok byt, los hy sy prooi wat dan weghardloop en so 'n week later vrek van die infeksie. Dan spoor hy die karkas op en vreet hom heeltemaal op.

Phil Bronstein, eggenoot van Sharon Stone, is deur 'n Komododraak aangeval in die Los Angeles dieretuin toe die idioot by sy hok ingestap het. Die senings in sy voet moes weer aangewerk word en sy groottoon was vergruis. Hy was vir 7 dae onder waarneming vir tekens van die dodelike onsteking. Vat so!

Wednesday, June 21, 2006

Ewebeeld


Hier is die grootste Ram in die wêreld. Die noodlot het ons bymekaar gebring.

Tuesday, June 13, 2006

Skade


Dit is hoe dit lyk nadat 'n kangaroo uit die bosse langs die pad tree en op jou nuwe Corolla se enjinkap spring terwyl jy teen 100 km/h oppad is om 'n langnaweek te geniet. Dit het twaalf-uur die nag gebeur in 'n gebied sonder selfoon-opvangs. Gelukkig was daar 'n maatjie wat saamgery het in 'n ander kar. Die duik teen die kant was deur die buideldier se kop veroorsaak wat toevallig ook 'n sliert groen braaksel bestaande uit fyngekoude bloekomblare agtergelaat het.

Monday, June 05, 2006

Daisy de Melker - Merk II

Hier is 'n stukkie merkwaardige trivia wat my stomgeslaan het. So stap die wolwe tussen ons rond...

Tennis Group Sued Over Death

By UNITED PRESS INTERNATION
Published: September 6, 1984
The family of Richard Wertheim, the tennis umpire who died after striking his head on the ground when he was struck in the groin by a tennis ball during a match at last year's United States Open, sued the United States Tennis Association yesterday for $2.25 million.
The lawsuit, filed in state Supreme Court in Manhattan, accuses the association of negligence in providing adequate safety precautions for umpires, said Jacob Fuchsberg, whose law firm is handling the case.
The lawyer said Wertheim was officiating at the junior final when he was hit in the groin by a ball hit by Stefan Edberg of Sweden. ''He is a very prodigious player with a lot of speed,'' said Fuchsberg, who noted that tennis balls hit by professional athletes have been clocked at speeds higher than 100 mph.