Lamsak

My Photo
Name:
Location: Sydney, Australia

Ek woon deesdae in Sydney. Ek het my PhD by die Universiteit van Sydney klaargemaak en nou dwing ek mense om my as doktor aan te spreek. Soms hou ek myself as 'n mediese dokter voor en neem dan deel aan minder ernstige operasies soos byvoorbeeld kornea oorplantings en die uithaal van verstandtande.

Wednesday, May 31, 2006

Die Tevergeefse Hunkering


Na my onlangse bydrae oor Stringfellow Hawke het die heimweë my behoorlik beetgepak. Soveel so dat ek besluit het om julle almal te beloon met 'n blog oor die A-Team! Ek regverdig hierdie bydrae deurdat daar 'n duidelike behoefte onder my lesers bestaan om meer oor 80s TV te sien. Want kinders was mos kinders, toe ons nog kinders was. (Die laaste sin moet gelees word op die deuntjie van daai ander liedjie)

Hoe dit ookal sy, van links na regs het ons vir:

Dirk Benedict as Lt. Templeton "Faceman" Peck: Hy is gediagnoseer met prostaatkanker deur 'n waarsegster in Italië, maar hy het die siekte oorwin deur 'n makrobiotiese of een of ander belaglike (of miskien nie...) diëet te volg.

George Peppard as Col. John "Hannibal" Smith: Hy is in 1994 oorlede aan longontsteking. Hy was 'n kettingroker en 'n alkoholis vir 'n groot deel van sy lewe.

Dwight Schultz as Capt. H.M. "Howling Mad" Murdock: Hy vervaardigers van die reeks het gedog hy is te mal vir die storie, maar moes die karakter hou omdat die gepeupel so baie van hom gehou het.

Mr. T (regte naam Lawrence Tureaud) as Sgt. Bosco Albert "B.A." Baracus: Hy het in 2005 besluit (nadat hy die afskuwelike smart en lyding van die Orkaan Katrina ramp aanskou het) om al sy goue kettings weg te smyt. Ek het eenkeer 'n pakslae gekry omdat ek my broer Sucka Fool genoem het (dis wat BA altyd vir Murdoch gesê het). En eenkeer toe ek Michael Jackson se Beat It gesing het terwyl ek met my een hand my skrotum vasgegryp het en met my ander vinger na my broer toe gewys het.

Thursday, May 25, 2006

Die Vrug van my Lende


Hierdie televisie-advertensie is tans te sien op Australiese TV. Die produk is lamsvleis en die advertensie is gemaak soos 'n parfuum-advertensie. Twee modelle (een manlik en een skraps geklede dame) huppel in stadige aksie deur lentebloeisels na mekaar toe. Die man hou dan 'n lamtjop (waarvan die vet afgesny is) na haar toe uit. Die advertensie eindig met haar wat in 'n Franse aksent sê "I love you Lam". (Met die Lam wat perfek in Afrikaans uitgespreek word.)


Al te snaaks sê ek nou vir julle.

Wednesday, May 17, 2006

Die Helde Val

Ai die Australiërs darem...

Hierso is Rex Hunt (ex-Aussie rules rugbyspeler, sosiale kommentator en visvangkoning) pas uitgevang dat hy oor 'n tydperk van vyftien jaar vir drie dames betaal (BETAAL!!) het om buite-egtelike verhoudings met hom te hê en seksuele gunsies te verleen as Rex 'n uitputtende dag agter die blad gehad het. Dis nou nadat hy in sy outobiografie ander mense sleg gesê het wat dieselfde dinge doen...nou is Rex aan die smeek om vergifnis.


Dit het my laat dink aan die dag toe my ma (met absolute goeie bedoelings) die artikel oor Stringfellow Hawke/Jan-Michel Vincent, helikopter pilot en elke jong seun se held, uit die Huisgenoot geskeur het voordat ons dit kon lees, want dit het gegaan oor sy suipery en dwelmmisbruik. Sy kon ons nie aan daardie teleurstelling blootstel nie... Toe stap ek maar Pick 'n Pay toe en gaan lees die artikel daar. Ek was nie eens ontsteld nie.

Ek was baie meer onsteld gewees toe die ou (Jon Erik Hexum) van "Onder die Dekmantel" homself per ongeluk vrek geskiet het...


Daar is julle 80's TV trivia vir die dag sommer ook!