Lamsak

My Photo
Name:
Location: Sydney, Australia

Ek woon deesdae in Sydney. Ek het my PhD by die Universiteit van Sydney klaargemaak en nou dwing ek mense om my as doktor aan te spreek. Soms hou ek myself as 'n mediese dokter voor en neem dan deel aan minder ernstige operasies soos byvoorbeeld kornea oorplantings en die uithaal van verstandtande.

Thursday, March 30, 2006

Afskuwelike Ervaring in die Vreemde

Gistermiddag toe ek huis toe ry van die werk af, sien ek iets uit die hoek van my oog uit en die volgende oomblik is daai iets to op my voorruit. Die iets was toe 'n stuk keelflegm, keeloester, mondsnot wat deur die bliksem in die vragmotor langs my in my rigting gespoeg was!!! Laggend doen die sot toe dieselfde met die motor agter my...

Gelukkig het ek sy nommerplaat gekry en nou berei ek 'n verrassingkie voor vir hom...

Idees asseblief.

The Hostel was geïnspireer deurdat die vervaardiger op 'n website afgekom het was mensjagtogte in Suid-Oos Asië adverteer. Miskien moet ek die Sydney Spoeger daar op kry onder die vaandel dat dit 'n dating site is.

Monday, March 27, 2006

Die skare smeek vir nog. Wat het hy die naweek gedoen wonder hulle seker... Ek help hulle gou uit:

  • Ek het Vrydag vir Hostel gekyk. Dis die nuwe Quintin Tarantino fliek... Dit gaan oor beeldskone dames wat bronstige reisigers verlei in 'n klein dorpie naby Bratislava in Slovakye. Op een of ander stadium word daar dan 'n pil in jou dop geglip en dan word jy wakker in 'n donker kamertjie waar jy aan 'n stoel vasgebind is. Kliente kan dan kies waarmee hulle jou wil martel. Enige iets van handbore, randsnyers en sweisvlamme tot disseksiestelle en naelknippers doen die ding.

  • Saterdag ontbyt in Manly. Dis waar die Suid-Afrikaanse sportspanne gewoonlik tuisgaan. Ek het niemand gesien wat bekend gelyk het nie.

  • Sondag moes my wederhelf 'n driekamp gedoen het, maar die organiseerders moes die swem afstel oor al die reën. Om een of ander rede hou Australiërs daarvan om rioolpype by hulle beste strande te laat uitmond. As dit reën verander dinge dan in 'n kakkerasie en ou toiletpapier raak om jou kuite verstrengel.

Friday, March 24, 2006

Nou ja toe, hier is ek ook nou op die Blogger bandwagon. Al die pad uit Sydney uit...

Belangrike sake om die naweek in te neem sluit in:
  • Dit is ontsettend belangrik dat ons die 2de kriekettoets teen Oz wen
  • Dit is waar dat mense op die hierdie Eiland partykeer in ongemaklike posisies met skape betrap word
  • Hier is gister iemand afgedank omdat hy sy derde waarskuwing ontvang het rakende rook in die werksplek

Tentatiewe treetjies

Toets een...twee...drie

Stuur berig